Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 29 MEI 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA ERE-GALLERY

RAE NUUS

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

DIE NUWE IARU STREEK 1 HF BANDPLAN

TRANS-ATLANTIESE TOETSE OP 144MHZ

DIE BHF LUS ANTENNA

WESRAND AMATEUR RADIO SNUFFELMARK

PEARS AJV

HF VOORTPLANTINGVOORSPELLING

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Ere-gallery gee erkenning aan Suid-Afrikaanse gelisensiëerde radio amateurs wat aansienlike bygedra gemaak het tot amateurradio. Die doel is om 'n volhoubare bydrae tot die ontwikkeling van amateurradio te erken en om sy geskiedenis in Suid-Afrika te bewaar. 'n Aanvanklike groep is ingelyf by die 2016 Nasionale Konvensie van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Die eerste ingelyfdes is Brian Austin, G0GSF (ex ZS6BKW), Mike Bosch, ZS2FM, Chris Burger, ZS6EZ, Iris Hayes, ZS2AA (SS), Gary Immelman, ZS6YI, Tjerk Lammers, ZS6P, Dave Larsen, ZS6DN (SS), John Streeter, ZS1W (SS) en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV. Veels geluk!

** Die Mei 2016 RAE resultate is op Donderdag 26 Mei op die SARL webblad gepubliseer. Baie geluk aan al die nuwe Radio Amateurs. Mag julle baie plesier put uit hierdie fantastiese stokperdjie.

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
ZS6AEV Robert Hooper (hernuwing)
ZSL1170 Werner Christo Venter

Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1761 plus 48 geaffiliëerde klubs.

** Die Junie-uitgawe van Radio ZS sal van Maandag 30 Mei 2016 beskikbaar wees vir aflaai vanaf die liga se webwerf. André, ZS2ACP, wys jou hoe om 'n CB radio om te skakel na 'n algemene dekking ontvanger terwyl Pravin, ZS5LT, jou vertel hoe om die 'cold toner' oordrag metode vir kringdiagram borde te gebruik. Viv, ZS6VD, verduidelik hoe jy 'n digitale horlosie en temperatuur meter kan bou vir jou radio kamer en die Sasolburg Radio Klub gee terugvoer oor die 2016 SARL Nasionale Konvensie en die rol wat Hamnet gespeel het.

Lees meer oor toekennings wat oorhandig is by die galadinee en die ingelyfdes by die SARL Ere-galery. Ivo, PA1IVO, het 'n veeldoelige draagbare opset van lae aarde wentelbaan satelliete, Rikus, ZS4A, vertel ons van sy eerste EME QSO en James, KH2SR, gee 'n oorsig van die KN-Q7A SSB 20 m QRP send/ontvang boustel.

Die redakteur sien dat slegs 376 eksemplare van die Mei 2016-uitgawe van Radio ZS afgelaai is.

Die tema vir die Julie 2016-uitgawe van Radio ZS is jong mense in amateurradio. Jongmense en diegene wat betrokke is met jong mense word uitgenooi om foto's en artikels vir hierdie uitgawe in te stuur. Stuur dit na radiozs@sarl.org.za teen Dinsdag 21 Junie 2016.

** Die Ray Webber, ZS6RSW, BHF/UHF-trofee is toegeken aan Carl Minnie, ZS6CBQ, en die Tinus Lange 7066 Tegniese Uitnemendheid toekenning het gegaan aan Kevin McDonald. Hierdie twee toekennings is uitgelaat uit die item op die nuus verlede Sondag.

** Die tweede been van die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale Kompetisie is vanmiddag tussen 13:00 en 16:00 UTC op die lug met PSK en RTD aktiwiteit tussen 14 070 - 14 099 kHz; 7 040 - 7 060 kHz en 3 580 - 3 600 kHz. 'n Stasie mag twee keer per band gekontak word, een keer op RTD, een keer op PSK31. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Logstate, in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein Digitale Kompetisie" moet teen 5 Junie ingedien word per e-pos aan contest@sarl.org.za. Raadpleeg die 2016 Blouboek vir inligting oor die telling en vermenigvuldigers.

** Die nuwe IARU Streek 1 HF Bandlan tree in werking op 1 Junie 2016. Wysigings is gemaak aan die bandplan tydens besprekings by die Streek 1 tussentydse vergadering gehou in Wene in April 2016. Die aanbevelings van hierdie vergadering is by die Streek 1 Uitvoerende Komitee vergadering in Brussel in Mei goedgekeur en het tussentydse Streek 1 Beleid tot die Algemene Konferensie in September 2017 geword.

Die twee belangrikste items is die bekendstelling van 'n digimode segment van 3 570 kHz - 3 580 kHz met 'n maksimum bandwydte van 200 Hz en 'n digimode segment met 'n maksimum bandwydte van 500 Hz verleng van 10 130 kHz tot 10 150 kHz.

Die band plan is beskikbaar by die Liga se webwerf by www.sarl.org.za

** Marcos Turbo, PY1MHZ, van Rio de Janeiro sal in Augustus vir 30 dae met vakansie wees en dan weer in Januarie vir nog 30 dae. Hy sal probeer om transatlantiese kontakte te maak naby die see vanaf GG98ma en hy werk met ‘n nuwe tou Yagi antenna. Hy monitor tans die V51VHF baken en ook Pieter V51PJ op 144 MHz JT65b met 2x12 LFA Yagis. Marcos het ook ‘n baken by sy tuis QTH in Rio de Janeiro GG98ic: PY1ESP/b op 144,290 MHz CW en horisontaal gepolariseer. Luister uit vir hom.

** INDIEN JY SLEGS ‘N VERTIKALE ANTENNA HET, PROBEER DIE HORISONTALE LUS

Baie amateurs wat meenthuis bewoners is, word gewoonliki beperk tot ‘n vertikale antenna op 144 MHz en kan gewoonlik net herhaler en mobiele kontakte maak. RCA het reeds jare gelede bewys dat horisontale BHF golwe baie verder trek en minder verliese ly as gevolg van die kurwe van die aarde as vertikale golwe. Indien jy dus ‘n klein lus antenna aan die onderkant van jou vertikale antenna kan monteer, kan jy sodoende die afstand van jou 2 meter aktiwiteit heelwat verbeter en ook beide polarisasies benut.

Al die langafstand ZR/ZS stasies, insluitende die BHF DX, en bakens is almal horisontaal gepolariseer en gebruik die laer deel van die 144 MHz band. ‘n Klein lusantenna met ‘n deursnee van 30 sentimeter en gevoer met ‘n gamma koppeling kan aan die kant van jou metaal mas monteer word. Indien jou vertikale antenna bo-op ‘n PVC pyp bo aan die metaal mas monteer is, kan die lus om die PVC pyp monteer word en dan ook minder opsigtelik vertoon. Die volle besonderhede oor BHF lusantennas is beskikbaar op die Internet en in amateur radio handboeke. Jy kan selfs twee lus antennas bo-op mekaar stapel en ‘n wins van 3 dBd of 5,15 dBi in alle rigtings op 144 MHz verkry.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 04 Junie 2016 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan, ZS6JVV, op 082 558 5811.

** Die PEARS AJV was Saterdag 21 Mei by die gewone vergaderplek gehou. Die komitee bly grootliks onveranderd met Chris Scarr, ZS2AAW as Voorsitter en Tony Allen, ZR2TX as Ondervoorsitter. ‘n Paar nuwe lede is by die komitee ingesluit: Mandy La Mude (ZS2AV), Andrew Gray (ZS2G), en Dave Higgs (ZS2DH). Eric Hosten (ZS2ECH) neem die rol oor as redakteur van die QSX tydskrif.

PEARS wil graag al die nuwe amateurs gelukwens wat onlangs die RAE eksamen geslaag het en veral die nuwe amateurs van Port Elizabeth. Geluk ook aan Donovan (ZS2DL) wat die klasse aangebied het.

Die Oos Kaap Hamnet span het ‘n draagbare stasie gereel om Saterdag 28 Mei aktief te wees en nooi al die nuwe amateurs van Port Elizabeth asook alle ander belangstellendes uit om kontak met hulle te maak en hul nuwe roepseine ‘n bietjie lugtyd te gee. Soortgelyke aktiwiteite word vir die toekoms beplan.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 22 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

29 Mei – Suid Afrikaanse Radioliga Digitale Kompetisie
4 Junie – Wesrand Amateurradioklub Snuffelmark
12 Junie – ZS6 Hammies Sprint
17 Junie – Wêreld QRP Dag
23 Junie – Suid Afrikaanse Radioliga Top Band QSO Partytjie

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Die Suid-Afrikaanse Radioliga Ere-gallery gee erkenning aan Suid-Afrikaanse gelisensiëerde radio amateurs wat aansienlike bygedra gemaak het tot amateurradio. Die doel is om 'n volhoubare bydrae tot die ontwikkeling van amateurradio te erken en om sy geskiedenis in Suid-Afrika te bewaar. 'n Aanvanklike groep is ingelyf by die 2016 Nasionale Konvensie van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6VC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003